Die toestande vir my hier: Ja, soos ek jou laaskeer gesê het – ek word nog vanaf die begin eenkant en apart in maksimum aangehou (dis nou presies ‘n jaar). Ek vemeem dat ek nou glo die rekord hou vir die langste aaneenlopende eensame opsluiting van ’n wit politieke gevangene (net jammer dis geen erkende Olimpiese sport nie) – want in feite is dit waarop dit neerkom en die eerste 3 maande was feitlik die maklikste want tóé was daar darem nog die afwisseling van die ondersoek en die ondervraging.

Soos jy wou weet bly ek, danksy wandelaar, en met gammat Boeddha se hulp, darem lewendig. (Maar dis ‘n gevaarlike spel.) Ek mag met geen ander gevangene kontak hê nie, mag nie van hulle weet nie, en hulle mag my nie eens hoor of sien nie. Die dominee het bv. onlangs in die kak getrap toe hy my wou besoek en hard op in die gang na my vemeem het. Wanneer ek badkamer of oefenjaart toe geneem word, word die selvenster waar ek verby moet loop met koerantpapier bedek. Tot onlangs was ek in ‘n staalsel van ongeveer 6xl2 vt, maar tamelik hoog. Langs die een muur (maar goed 12 vt of meer van die vloer af) is langwerpige venstertjies (elk ‘n dubbele handbreedte wyd), met staalogiesdraad versper wat uitkyk op die loopvlak [woord onleesbaar] die wag met sy gelaaide FN op die loopvlak patrolleer daar (snags permanent) en kyk in op en af op jou sel.

Daar is geen ander venster nie en jy sien nie na buite nie – die loopvlak, selfs al kon jy daar bykom, is binne die gebou. Binne die sel is ‘n spoeltoiletbak, drukprop met koue water, en twee houtblaaie in die muur: een as ‘tafel’, en een met harde matras as ‘bed’. Sementvloer. Ligskakelaars alleen buite die selle. In die deur is ‘n tralievenster (alle tralies met tungsten versterk, so j y saag jou gat af! die ganse gebou is “n staalhok met ‘n lagie pleister) ook met staaldraad tussen bandbreedte-wye tralies.

Die deur kyk uit op ‘n klein sementgang met 2 ander selle (Marlene Skêr was vroeër in die een), badkamer en ‘kerkie’. Die gang loop een kant uit op ‘n ommuurde binneplasie (sowat 20 x 30 vt) wat oordek is met staalogiesdraad, tussen die ‘tuin’ en die gang `n dubbele deur – een soliede staal en die ander tralies, die ander end van die gangetjie – eweneens met dubbele deure afgesluit plus ‘n staalpen van bo na onder deur die slotte, loop uit die hoofgang van ons ‘seksie’. Bo al die gange, op hoogte van die loopvlak en kommunikerende daarmee is ‘n staalrooster vanwaar lede ten alle tyd op jou afkyk.

In daardie sel (ek was natuurlik die enigste in die gang) is ek tussen oggend en middagete in die gang toegelaat sodat ek deur tralies kon uitkyk op die ommuurde en ingehokte binneplasie. Sedert sowat 2 maande is ek verskuif na ‘n sel dieper in die gebou wat direk uitloop vanaf die hoofgang. Die sel is twee keer groter as die vorige en het ‘n wasbak met koue water – maar nou is daar geen spoeltoilet slegs ‘n emmer wat ek elke oggend moet uitgooi en was, en geen ‘klein gangetjie’ waar ‘n paar sonstrale hul soms kan infiltreer nie (die rede vir my verskuiwing) – natuurlik nooit aan my gegee nie – maar ek het dit deur die smokkelkanale vemeem – is dat Schoon en Thomas wat volgende maand ontslaan gaan word, onverwags hiematoe oorgeplaas is om hulle vir die laaste maande te isoleer van die ander politiekes met wie hulle 12 jaar lank saam was in Lokaal.

Schoon hou nog bewonderingswaardig goed; Thomas is lankal van sy kop af.

Met die smokkel- en die Rooi Kruis se besoek – het ek verneem dat hulle toestand dáár veel beter is: Hulle eet saam, mag na plate luister, kan soms boeke koop, het ‘n roostuintj ie, beperkte ontspanningsgeriewe en ‘n werkkamer.

Daar word skynbaar nog (emstig) verwag dat iemand met ‘n helikopter my hier gaan ontset. Om die een of ander rede glo hulle ek is gevaarlik. Gryskak kan nie besluit of ek vir ‘n sg. Death and Special Operations-afdeling van die CIA of vir die KGB werk nie. En ek dog toe altyd dit is vir SA!

Anyway – die enigste eetgerei is ‘n lepel (altyd buite die seldeur), maar sedert die Rooi Kruis het ek ook ‘n vurk en mes buite die seldeur.

Ek is ingedeel by C-groep: 1 brief (S00 woorde) per maand skryf, 1 ontvang, half uur maandelikse nie-kontakbesoek deur koeëlvaste glasmuur verbind met spreekbuis en bewaarders alkant – afgesien van ‘tapes’. Ek mag een keer per maand tot (sover ek weet) R5 se rookgoed en toiletware bestel – geen soetgoed of so nie. ek kry 2 bibliotheekboeke per week en is geregtig op 1 uur oefening elke werkdag – in die praktyk a.g.v. tekort aan lede egter heelwat minder.

Natuurlik geen musiek, tydskrifte of mens nie. Selfs die arme lede wat snags loopvlak werk word gevisenteer vir radio’s. Aan die begin – eerste maande, het my lig dag en nag gebrand. Nou word dit snags afgesit en net tydens wisseling van skofte weer aangeskakel. Ek het tans omdat ek toegestaan is om te ‘studeer’, ook ‘n tafeltjie en ‘n stoel in my sel.

Die roetine: ligte word 6-uur aangeskakel. ‘n Bewaarder (gewapende wag op loopvlak en staalrooster plafon op gang) sluit oop en ek vat my skoene wat buite die deur gestaan het vir die die nag, so om en by 6.30.

Intussen het ek aangetrek en bed opgemaak. Bewaarder begelei my na badkamer waar ek bad en skeer en emmer uitgooi; terwyl hy in sy neus of poephol staan en krap. Terug in sel toegesluit. Oggendete word deur onsigbare ‘cleaners’ voor deur neergesit. Deur word oopgesluit en ek neem dit in en neem my lepels ens. van die deur af.

Breklis (alle kos is altyd in plastiekhondebakke) bestaan uit pap (Woensdae en Sondae °oats`) ‘n bak ‘koffie’, lyk na cocoa„ smaak na teerwater maar is glo koffie en ‘n bak poeiermelk en drie snye bruinbrood. Jy sluk dat dit bars agter geslote deur.

Deur weer oopgesluit en jy sit jou bakke en eetgerei uit. Deur gesluit. Nou wag jy vir afwisseling van inspeksie en oefening. 11.30 middagete (naweke ll uur) basies stampmielies of mieliegruis, 2 groentes en ‘n souserigheid waarin `n stukkie vet hom dalk op ‘n stadium bevind het maar intussen het dit kop uitgetrek – (te verstane), 1 keer *n week 1 vis, feesdae koue vleis, nou en dan op ‘n Sondag ook. Saterdae 2 gekookte eiers en wat ons ‘plastic soja’ noem. Haastig sluk., deur gesluit. Aandete om 3.15 (Sondae en Saterdae vroeër) altyd die selfde bak sop, bak tee, 4 snye bruinbrood., strook botter, so groot soos jou duim, selfde hoeveelheid afgewaterde konfyt, 4 ons (so sê hulle) bruin suiker in papiertregter – dis vir môre se pap. Skoene uit. Deur gesluit – goeienag.

Om 4 uur kom die eerste nagskof aan diens (gewapendes op loopvlak, in torings, agter soekligte ens, ens) om 8 uur ligte af (tensy jy as spesiale vergunning vir studiedoeleindes ‘laat lig’ – 10 uur kry, ek kry dit soms). Ek moet byvoeg by kos; een keer elke 2 weke kry ons duimlengte stukke ‘Cheddar’ by aandete, 1 keer elke 2 weke ‘n appel, Woensdagaand grondboontjiebotter i.p.v. botter. Vanaf 4-uur tot 8-uur sing die swart gevangenes (lieflik, hartverskeurend, dit sal my altyd bybly – wonderlike stemme vol hartseer wat sommer so by die koor opgehang word). Die terdoodveroordeeldes sing die laatste week soms dwarsdeur – hulle word ’n week voor hulle opgaan aangesê – geweeg, genekmeet – en word dan vir daardie week in ‘n gesamentlike dodesel gestop.

Ek het virjou reeds gesê ons het 4 kategorieë flappies hier: die ter doodveroordeeldes (tans ook drie wittes), dié wat elders ontsnap het en toe weer gevang is en ‘n tyd lank hier is, die wat interne straf ondergaan – die sg. “spare diets”., wat die ‘bom’ doen, hulle kry nie eens soos ons (soos die Filistyne sê ‘poeppap (woord onleesbaar)’ of “gekookte kafferpoep’ (dis nou na die regstellings) nie, maar slegs papwater ens. – en die spesiale gevalle, dit is die politiekes wat ná vonnis hier ingebreek en makgemaak word voordat hulle lokaal toe verskuif, en ons 3 pennanente spesiales, arme ou malgemartelde Tsafendas is darem in ‘n ander seksie – tussen ander ouens. Selfs die Filistyne word formeel verbied om met my te praat.

Nou ja, ek het so ‘n vlugge idee probeer gee van hoe dit hier gaan niejuis follement excitante nie. Dit kon seker erger gewees het – en ek hoop nie dit klink te veel na ‘n klaaglied nie.

Daar is afwisseling: Soms kom die dominee langs en soms die sielkundige (wat jou moet aanpas by die norm van die dodehuis). Die verdierliking is natuurlik erg. Hier leer ken ek die deursnee goeie en ‘gt-zlowige’ Afrikanerseun. Houdings en verhoudings elders in die land mag verander het of verander – hier is `n spade ‘n kaf fer en daar is niks met die lewe verkeerd nie behalwe dat openbaring op hande is (maar dis nie ons skuld nie, en buitendien ‘n heerlike ‘weerkoms’).

Daar is allerhande vorms van interne straf en repressie – ons het ons eie hof – tot lyfstraf. En daar is volop nie-amptelike lyfstraf. Tog, wanneer ‘n bewaarder jou slaan moet hy ‘n ‘rede’ hê, selfverdediging ens. ‘n Offisier egter kan slaan sonder om ‘n verslag te hoef insit, sommer.

Die treurigste is om wakker te word in die nag en ‘n man iewers te hoor huil. En om smôrens wakker te word en vir ‘n oomblik nie te onthou waar jy is nie., en dan skielik te besef. En om in die kleinword van die nag ver daar buite ‘n hond te hoor blaf. En om na jou vrou te verlang en daar is niks wat jy kan doen om dit vir haar makliker te maak nie. En die laaste oggend – seker heerlik en vars buite – wanneer hulle sing-sing opstap galg toe. Jerusalem! Hel, ek moes liewer nie oor al hierdie dinge begin skryf het nie. Broerman, jy moet gesond en sterk bly – moenie dat hulle jou vastrap nie. Hou asseblief maar die profiel so laag moontlik. Ek voel dat dinge verander, begin roer. Mag daardie oopgaan gou kom. Ek is benieud om te hoor of Senghor, Giscard en Kissinger wel in so ‘n verband by 0 (Kodenaam vir mnr. John Vorster) sou aandring. Dinkjy so? Dink jy dit sal help? Party dae voel dit my my bors kan breek van die lewe, die lus om te lewe. Ek wil uit- en daar is so baie om weer in te haal, om oor te gesels. Gaan dit goed met die ander mense – Ampie-hulle? Sterkte vir jou hoor indien moontlik, Sterkte vir jou pen en sterkte virjou pen. Die Rooidag kom. Ons sal weer opstaan. My volgende Zazen dra ek aan jou op. Eleftheria.


 

Aantekeningen bij brief ll

ln deze tweede brief aan André Brink voldoet Breytenbach aan een eerder gesteld verzoek van Brink om uitgebreid verslag te leveren van zijn gevangenisleven. De brief is 23 augustus geschreven en onvolledig.

Arungsten: wolfram;

Marlene Skêr: hoofdfiguur uit een geruchtmakende moordzaak van enkele jaren geleden.