30 s’timmer

Broerman, óú Scrabblespeler:
Nietelanknie, maar darem om verslag te lewer van my pogings om te vlieg: dan nou nie so ver soos Panus Angelicus nie, maar darem tot en by Paname. Bittereendekakopmykop-weer in Ingeland; heilige skyt virgoed in Ingelse gekry. Maar die stad van La Chute was wragtig ‘n herontdekking, in herfsson met stralende gragte. Ontsettend besig gewees, maar tog ook kans gehad om in die son te wandel, en juis, op die sestiende september; met Annari wat kom dagsê het en groete stuur: en daar kom ons verby ‘n mark wat, jy sal wragtig nie glo nie, oortrek staan van pampoene.
Spesiaal bestier vir verjaardag die sestiende september; om trane innie oghe van te kry.
Waar ek toe ook besluit om pampoenstories te skryf. Iets in dier voege: daar woon eendag ‘n doodgelukkige boerpampoen tussen sy medepampoene, paar uie en kopkole ook tussenin; maar dese pampoen het wanderlust en gaan kyk hoe lewe die waatlemoene in ‘n ander tuin; geval hom goed, loop selfs so ‘n klein skorsietjie raak wat óók op reis was, en hak af en bly daar, amperamper happily ever after. Verlang nog trug partykeers, maar kry darem nuus van ander pampoene, veral met een ou poempang wat kom kuier. Tot pampoen op ‘n dag besluit hy wil eers weer sy medeboerpampoene opsoek; groet sy skorsie en gaan trug, hou sy lyf geelwortel of raap. Jisja: en daar trêp die boer dié raap in sy pampoenbedding en hy loop sit hom in sy yskas. Foei, arme pampoen is vreeslik misrabel, maar na ‘n ruk maak hy maats met ‘n spanspek wat so van tyd tot tyd kom inloer. En spanspek sê vir hom: broer, as jy dalk ‘n paar van jou pitte wil red vir die toekoms, gee vir my, ek wat hulle net waar jy wil. En pampoen vertrou vir spanspek duisend persent en daar trek die pitte, vort na poempang toe. Maar met ‘n draai, want wat pampoen nie wis nie, is dat spanspek elke slag eers sy pitte vir die boer loop wys; en dan sê die boer: nee orraait, vat maar, ek hou my oog reg. En so kom allie pitte secondhand by poempang aan, mirsmars, mirsmars; en toe skorsietjie van die ding hoor, toe sê sy vir poempang: ojis, neeman, daai pitte is muf. En nes jy jou kom kry, dan vat hulle daai mufpitte trug pampoen toe doer innie yskas, en dan vrek hy van sy eie pitte. Nee, poempang, sê skorsietjie, neeman, méfie-toi. Waarop poempang toe sê: ek weet ek moet my méfie, maar wat van daai pampoen wat sit wag vir pitte vir die sestiende s’timmer? en skorsie sê, moenie worrie nie, hy sal oplet, hy sal gougou weet die hele geneuk lê by daai spanspek. Ensovoorts. Als wat sy sê, weet poempang van die eerste dag af, maar hy lief sy ou pampoempel te veel om hom aan die yskas te wil oorlaat. Hy help hom selfs met pitte as dit kan, ook sodat spanspek nie gryshond se gedagte kry nie. Maar uit liefde luister hy toe maar vir skorsie, en lo and behold, toe hulle hulle oghe uitvee, toe maak daai boer self die yskasdeur oop en hy sê: o.k. pampoen, hier’s nie meer plek vir jou nie, dagr’s te veel kropslaai en radyse wat moet in, fokolof upstairs. En dán eers kom die happily ever after.
Malspul, hè? Maar dit wys jou, jy’s nie ál wat kan pampoenstories skryf nie!
Anyway, vir Adriaan het ek gesien en groete gegee. Hy hou hom in suiwer literêre kringe deesdae, sê al die res is totaal ondermekaar uitgebak, tot le monde se méfie! En in Paname waar ek huppeldae deurgebring het sê lotussie dieselle, met dankie daarby vir die groete, en tyding sy kom binnekort, nog dese mooistemooistemaand as die visummanne sê o.k. Daarom, en om baie ander redes: reste tranquille, tout va s’arranger.
Die franse vertaling is op die pers, miskien al telaat vir cendres sang as tittel, maar daar sal geprobeer word op die laaste oomblik; jou vertaalman het ek ontmoet, skokkend want hy lyk soveel nes jy! en ons het saam gaan japannees fliek en frans eet. En jou hollandse bundel kom ook aan, skryt II is uit en begin mooiloop, ook hier telande omdat die nuwe uitgawe nog onverbode is; die poetry international goed is versôre; die kanadese blad met my ingelse tekste verskyn binnekort; dis net met die paradys wat dinge nog sloer, hier én in holland: dis so hels moeilijk vertaalbaar! én ons wonder of veel daarvan nie eintlik net vir die inheemse literêre situasie begrijplik is nie? ewenwel, die vertalings sal aankom, pazienza pazienza.
Hierdie brief kom in ‘n koevert met jou franse naam in dieselle tikskrif daarop getik, toegelak met die impressie van een vannie chinese muntstukke wat jy my vir die i ching gegee het: check daarop. And the rest, in hamlet se woorde, is silence. Met geloof en hoop en liefde, ‘n voedende en skeppende stilswye waarin ons soos eilande in ‘n argipel mekaar ondersees bly aanraak. Liefde van Hoesê?

Aantekening bij brief III:

Dit is de volgens de officiële volgorde derde brief van Brink aan zijn gevangen vriend; gedateerd 30 september.
De brief zit vol persoonlijke verwijzingen en is hier en daar geschreven in een wel haast fonetisch Afrikaans (trane innie oghe = tranen in de ogen; orraait = all right).

Panus (Angelicus) is een tot vliegpogingen gedoemde figuur uit Om te vlieg.

Paname is hier Parijs en de stad van La Chute is een verwijzing naar Camus’ roman La Chute die zich in Amsterdam afspeelt.

Brink probeert Breytenbach met een parafrase op Fascistische pompoen (in Nederland opgenomen in De boom achter de maan (1974) duidelijk te maken dat Groenewald een onbetrouwbare boodschapper is.

Breytenbach, een boerpampoen (boerenpompoen) verlaat zijn land en ontmoet in de wereld van waatlemoene (watermeloenen, Europa) een skorsietjie (soort sierpompoen, hier Breytenbach’s vrouw Yolande). Breytenbach, de boerpampoen, houdi contact met zijn mede afrikaners, in het byzonder met poempang (nonsens woord, hier: André Brink). Breytenbach keert illegaal naar zijn vaderland terug, wordi betrapt en belandt in de ijskast, de gevangenis. (Ook de fascistische pompoen belandt daar volgens het oorspronkelijke verhaal) Daar maakt hij kennis met een spanspek (meloen, hier: bewaker Groenewald), die hem aanbiedt zijn pitte (hier: literair werk, later: geld) te bestemder plaatse te bezorgen. De bewaker smokkelt ze naar buiten, maar toont ze eerst de boere (de gevangenisautoriteiten). Ook Yolande weet dat de spanspek-Groenewald haar man verneuk (bedriegt). Brink helpt toch niet het geld in de hoop dat gryshond (de veiligheidspolitie) dan niet meteen door heeft dat hij de zaak wantrouwt. Skorsie (Yolande) raadt hem aan met deze gevaarlijke zaak te stoppen. Lotussie is Yolande.

De Franse vertaling waar Brink van spreekt is uitgekomen onder de titel Feu Froid en vertaald door George Lory (Bourgois, 1976). Breytenbach stelde – te laat – de titel cendres sang voor.

Die paradys verwijst naar Breytenbach’s eind 1976 verschenen reisimpressie Die seisoen in die paradys, dat André Brink in het Engels en Adriaan van Dis in het Nederlands proberen te vertalen.

Hoesê? (wat zeg je?), verwijst naar een door Breytenbach aan Brink opgedragen twee lettergrepig gedicht uit: Huis van die Dowe.

In maart 1977 moest Brink zijn illegale briefwisseling bekopen met huiszoekingen: zijn Breytenbach-archief en schrijfmachines werden meegenomen, een onsmakelijke inmenging in zijn privé-leven volgde.

A.v.D.